Die skrywer Bill Bryson sê as ’n mens die geskiedenis van ’n privaat lewe neerskryf, is dit in der waarheid die geskiedenis van hoe ’n mens se lewe gemaklik geword het.

Dit is verbasend hoe baie van die eerstewêreld-geriewe maar relatief onlangs moontlik geword het – warm water, elektrisiteit, ys, jou eie bed wat nie deur ’n vreemdeling ingeneem sal word nie (tensy jy dit voorstel . . .).

Hy nooi die leser om vertrek vir vertrek deur sy huis – ’n pastorie in Norfolk – te dwaal en langs die pad vermaak hy jou met pittige en fassinerende historiese wetenswaardighede.

Wat ’n mens opval, is hoe totaal bederf baie van ons is en hoe moeilik die lewe moes gewees het, veral vir iemand soos ’n huishulp in die dae voor wasmasjiene en spoeltoilette.

Soos altyd is Bryson skreeu-snaaks en lag ’n mens by tye kliphard terwyl jy jou seëninge tel.

At home deur Bill Bryson

Doubleday, R252,95

Ons dink: 4/5