[caption id="attachment_140411" align="alignnone" width="600"]André en Mirinda in gelukkiger tye. Foto: Facebook André en Mirinda in gelukkiger tye. Foto: Facebook[/caption]

André en Mirinda is Vrydagaand om sesuur in hul huis in Akasia, Pretoria, dood aangetref. Die bure het die polisie ontbied nadat hulle skote in die huis gehoor het. Die egpaar is met koeëlwonde in die bors gevind. Die polisie het Dinsdag bevestig hulle is weens “huishoudelike geweld” dood.

Volgens kapt. Matthews Nkoadi, polisiewoordvoerder, is hulle tans besig met ’n geregtelike doodsondersoek. “Dit wil voorkom of die oorledene (André) sy vrou en toe homself geskiet het,” sê hy.

[caption id="attachment_140412" align="alignnone" width="600"]Die paartjie op vakansie. Foto: Facebook Die paartjie op vakansie. Foto: Facebook[/caption]

Op Facebook het Mirinda se vriende en familie hul skok oor die voorval uitgespreek.

“Rus sag, Tannie Mirinda Nortje. Ons harte is so seer en kan nie verstaan hoekom so iets gebeur het nie. Jy sal altyd in ons harte bly leef!” het Marvic en Tanya Rijnen, by ’n foto van ’n glimlaggende Mirinda op hul Facebook-blad gedeel.

Mirinda se niggie, Carolynn van Zyl, het ook haar hart oopgemaak oor haar niggie, wat sy as haar eie suster beskryf het.

[caption id="attachment_140413" align="alignnone" width="600"]’n Stralende André en Mirinda. Foto: Facebook ’n Stralende André en Mirinda. Foto: Facebook[/caption]

“Life as I knew it will never be the same without you, Mirinda Nortje,” skryf sy.

“Jy was ’n rolmodel . . . Jy was my sussie, al was jy my niggie . . . Lewe is moeilik.

“Die krag om op te staan en aan te gaan is onmoontlik. Dit gaan my ’n leeftyd neem. Jou ma (se dood) het my 15 jaar geneem om te verwerk.

“Al die boodskappe kan jou nooit terugbring nie.

“Mense verstaan geen seer van ’n familie as dit nie hulle s'n is nie.

“Ons weet jy sal wil hê ons almal moet aangaan en doelwitte bereik. My hart smag om die helfte die vrou te wees wat jy was . . . jy was ’n engel,” sluit sy die inskrywing af.