Die agtjarige ster van Here Comes Honey Boo Boo het haar kop teen ’n venster gestamp, wat tot hoofpyn aanleiding gegee het, maar is nie andersins beseer nie. Pumpkin (Lauryn), Honey Boo Boo se 14-jarige suster, het ernstige borskneusings opgedoen en kry nou angsaanvalle.

Sugar Bear, die pa van die meisies met die snaakse byname, het ’n kneusing op sy rug opgedoen. Mama Bear se nek en rug is beseer. ENews! berig die gesin is in die hospitaal opgeneem nadat hulle gekla het oor rugpyn en asemtekort.

Die vragmotorbestuurder, Seth Cagel (19), het ’n seer rug, maar geen ernstige beserings nie. Albei voertuie is lig beskadig.

Mama June, wat nie haar veiligheidsgordel gedra het nie, het laat weet: “Soos baie van julle gehoor het, was ons gisteraand in ’n ongeluk. Dit was regtig skrikwekkend, aangesien dit ons eerste ongeluk was. Ons is vandag regtig seer, maar die belangrikste is dat ons Pumpkin se verjaardag vier.”

Pumpkin het gister 14 geword, en volgens Mama June sou die gesin dit beslis vier. “Soos altyd, bedank ons almal vir hul ondersteuning en goeie wense,” het sy bygevoeg.

Saamgestel deur Megan Bursey

Bronne: eonline, cbsnews