Daniel Craig vertolk weer die rol van Bond en Rory Kinnear (Bill Tanner), Ben Whishaw (Q), Naomie Harris (Moneypenny) en Ralph Fiennes (M) is van die bekende gesigte wat terugkeer. Nuwe akteurs sluit in Andrew Scott (Denbigh), Dave Bautista (Mr Hinx), Monica Bellucci (Lucia Sciarra), Lea Seydoux (Madeleine Swann) en Christoph Waltz (Oberhauser).

'Spectre sal 6 November volgende jaar in teaters wees.'

Bond se nuwe spogmotor is die Aston Martin DB10, wat spesiaal vir die fliek ontwerp is.

In hierdie fliek kry Bond ’n kriptiese boodskap uit sy verlede wat hom op die spoor van ’n sinistere organisasie sit. M moet politieke magte afweer om die geheime diens aan die lewe te hou, terwyl Bond die aaklige werklikheid van SPECTRE ontbloot.

Spectre sal 6 November volgende jaar in teaters wees.