Sy ma, Caroline Strydom, sê dit gaan goed met Kosie.

“Hy is so opgewonde om by die huis te wees. Hy sit hier en speel met sy speelgoed,” sê Caroline.

Caroline sê hulle word oorval deur weldoeners. Daar was juis weer vanoggend iemand by hul huis wat aangebied het om vir Kosie ’n nuwe linkerhand te maak.

Kosie se linkerhand is Saterdag geamputeer nadat daar byna niks daarvan oorgebly het toe die klapper daarin ontplof nie.

Hy het die klapper in sy suster se kamer gekry en dit geneem na die voorhuis, waar hy dit in sy linkerhand vasgehou en met sy regterhand aan die brand gesteek het.

Dit is nog nie duidelik wanneer Kosie terug skool toe sal gaan nie. Hy is ’n gr. 1-leerder aan die Laerskool Piet Hugo in Polokwane.