olyfolie

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

500 g maer beesmaalvleis

1 blik (400 g) heel kersietamaties

10 ml (2 t) suiker

sout en peper

250 g macaroni, gekook

250 ml (1 k) witsous

125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Verhit die olie in ’n pan.
  2. Braai die knoffel effens. Voeg die vleis by en braai tot bruin.
  3. Meng die tamaties en suiker deur en geur met die sout en peper. Laat 5 minute prut.
  4. Meng die pasta deur en skep in ’n oondbak. Bedek met die witsous.
  5. Strooi kaas oor en bak 10-15 minute.