SY BLOU oë begin vonkel en ’n glimlag plooi om sy mond. Maar so breed het Bold-kykers Nick Marone nog nooit sien glimlag nie, soos nou terwyl hy ’n weesrenosterkalfie ’n bottel melk gee.

Nick oftewel Jack Wagner se medester Jacqueline MacInnes Wood (Steffy Forrester) is ook hier in die bos, kompleet met ’n spanbroek, kniestewels en ’n onderbaadjie vol blinkertjies. Sy kom help en kielie die kalfie liefderik agter die oor.

Brandon Beemer (Owen Knight) skrik nou wel nie op die kassie wanneer ’n ouer vrou in ’n tiervelgewaad haar kloue in hom wil slaan nie, maar wanneer drie leeuwelpies hul verskyning maak, is dit ’n ander storie. ‘‘Is hulle onskadelik?’’ vra hy so ewe.

Toe die drie sterre van die gewilde Amerikaanse sepie The Bold and the Beautiful pas in Suid-Afrika kom gesig wys het, het Huisgenoot gesorg dat hulle nie net winkelsentrums en duisende opgewonde aanhangers te sien kry nie, maar ook die ongerepte natuurskoon van Afrika beleef. Ons wou hulle ’n ervaring gee wat hulle nooit sal vergeet nie – om van nader kennis te maak met die diere waarvoor ons vasteland wêreldwyd bekend is.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 3 Maart 2011