Kyk hier na ’n video van dié reggaeagtige uitvoering:

Die Springbokke sal hoop dat dié naweek se wedstryd, van die volkslied tot die eindtelling, ’n groter sukses sal wees. As Suid-Afrika dié wedstryd kan wen, sal hulle 10 van hul 12 toetswedstryde in 2013 gewen het.

Die wedstryd:

Springbokke t. Frankryk, Stade de France, Parys.

Saterdag 23 November

Afskop: 22:00 (SA tyd)

TV: van 21:00 af op M-Net/ SS1

Die span:

Die kern van die 2013-span is gekies vir die Springbokke se laaste wedstryd van die jaar. Tendai Mtawarira, Bismarck du Plessis, Eben Etzebeth en Morné Steyn keer almal na die beginspan terug ná verlede naweek se oorwinning oor Skotland.

Willie le Roux sal Saterdag op heelagter uitdraf, terwyl Pat Lambie weer plaasvervangersbank toe skuif om vir Steyn plek te maak. Die jong Pieter-Steph du Toit keer ook terug na die plaasvervangersbank, waar hy een van ses voorspelerplaasvervangers sal wees.

Altesaam 10 spelers wat Saterdag gaan speel, is nog vir elke Springbokspan van 2013 gekies: Mtawarira, Etzebeth, Steyn, Le Roux, Jean de Villiers, Bryan Habana, Ruan Pienaar, Coenie Oosthuizen, Adriaan Strauss en Pat Lambie.

Volledige span:

15. Willie le Roux, 14. JP Pietersen, 13. Jaque Fourie,12. Jean de Villiers (kaptein), 11. Bryan Habana, 10. Morné Steyn, 9. Ruan Pienaar 8. Duane Vermeulen, 7. Willem Alberts, 6. Francois Louw, 5. Flip van der Merwe, 4. Eben Etzebeth, 3. Coenie Oosthuizen, 2. Bismarck du Plessis (vise-kaptein), 1. Tendai Mtawarira

Plaasvervangers:

16. Adriaan Strauss,  17. Gurthrö Steenkamp, 18. Lourens Adriaanse, 19. Bakkies Botha, 20. Pieter-Steph du Toit, 21. Siya Kolisi, 22. Jano Vermaak, 23. Pat Lambie

Interessante feite:

  • Die Springbokke kon laas in 1997 ’n toets in Frankryk wen (met ’n telling van 52-10 in Parc des Princes, Parys).
  • Met die twee spanne se vorige ontmoeting, op Nuweland in 2010, was die Springbokke aan die wenkant. Die telling was 42-17.
  • Drie van die Springbokke in Saterdag se span sal hul rekord vir die meeste Springbok-toetse in hul posisie oortref: Jean de Villiers (80 toetse op senter), Bryan Habana (93 toetse op vleuel) en Morné Steyn (51 toetse op losskakel).
  • Die skeidsregter vir Saterdag se wedstryd is die Engelsman Wayne Barnes. Dit sal sy negende toets wees waarin Suid-Afrika spel. Van dié toetse het die Springbokke vyf gewen en drie verloor.