[caption id="attachment_133776" align="alignnone" width="600"]Mark Levy en Bok-kaptein Adriaan Strauss skud blad. Foto: Gallo Images Mark Levy en Bok-kaptein Adriaan Strauss skud blad. Foto: Gallo Images [/caption]

Blue Label Telecoms het vandag (Donderdag) aangekondig hulle gaan hul vennootskap met die Springbokke vir die res van 2016 hernu.

“Die feit dat Blue Label Telecoms besluit het om hul vennootskap te verleng, wys dat hulle waarde daarin sien om met die Springbokke verbind te word. Ons is dankbaar vir hul voortdurende steun,” sê Jurie Roux, voorsitter van SA Rugby.

Blue Label Telecoms is ’n telekommunikasiemaatskappy wat aanlyn kaartjieverkope, selfoonlugtyd en elektrisiteit verkoop.

Hul handelsmerk sal weer op die Springbokke se truie te sien wees as hulle volgende week aan die Castle Lager-rugbykampioenskap deelneem.

“Die Springbokspan se energie, uithouvermoë en spanwerk maak van hulle ’n volmaakte vennoot,” sê Mark Levy, medevoorsitter van Blue Label Telecoms.

“As ’n trots Suid-Afrikaanse maatskappy was ons nog altyd geesdriftige ondersteuners van ons land se sportspanne. Hierdie keer staan ons sterk saam met die Springbokke as hulle Argentinië, Australië en Nieu-Seeland pak,” sê hy.