Die voormalige Springboklosskakel en deesdae sportkommentator, Joel Stransky, het na ’n nare val tydens die 2017 Absa Cape Epic ’n rib gebreek en ’n gat in sy long opgedoen.

Joel (49) is volgens Sport24 met ’n bebloede gesig na die hospitaal gehaas ná sy val kort voor die eerste fase van die resies. Die val het ook die einde van sy deelname aan die resies beteken.

Joel was volgens stuff.co.nz in ’n span saam met die voormalige Sharks-senter, Jeremy Thomson.

Dit is Joel se agtste Cape Epic. Hy het ná sy rugbyloopbaan begin om entoesiasties bergfiets te ry.