Min van Bok van Blerk se aanhangers weet dit, maar dié man met die rasperstem is ook ’n bobaas-hengelaar en het onlangs ’n bielie van ’n vis uitgetrek.

[caption id="attachment_130544" align="alignnone" width="600"]xx Bok en en die Blou Bul-rugbyspeler Dean Greyling het ’n kneuwel van ’n vis gevang.[/caption]

Bok neem al die afgelope sewe jaar aan die Guinjata-hengelkompetisie in Inhambane, Mosambiek deel. Sowat 100 bote trek jaarliks van 5 tot 10 Junie hier saam om deel te neem aan die kompetisie waar deelnemers die kans het om ’n nuwe boot ter waarde van R500 000 te wen.

Vanjaar het hy en sy spanmaats, Piet Viljoen en die Blou Bul-rugbyspeler Dean Greyling, dié prys gewen toe hulle ’n tamaai koningvis van 34,2 kg uitgetrek het.

“Die outjie het ’n hengse fight opgesit,” vertel Bok. “Ek en my spanmaats het sowat 45 minute lank geswoeg om die vis uit te trek.”

Volgens Bok is die koningvis een van die moeilikste visse om te vang. “Die vis is geneig om met jou lyn af te swem na die rotse en die lyn te probeer breek.

“Ons was gelukkig. Die vis het in vlakwaters die lyn gevat en toe diepsee toe geswem waar ons lank met hom kon baklei.”

[caption id="attachment_130543" align="alignnone" width="600"]xx ’n Trotse Bok, sy pêlle Piet Viljoen en Dean Greyling.[/caption]

Bok en sy spanmaats het die rekord gehou vir die grootste vis van die kompetisie en die groot prys van ’n Yamaha-boot losgeslaan. “Ek het reeds ’n boot waaraan ek al vier jaar werk,” sê hy.

Sy ander hengelmaats wou ook nie die boot huis toe neem nie en hulle het toe besluit om dit in Durban op te veil. Bok sê hengel is in sy bloed; hy het van kleins af saam met sy pa op die oopsee gaan visvang.

“My pa en sy vriende het saam ’n boot gebou en toe ek 5 jaar oud was, het hy my vir die eerste keer saamgevat. Ek het toe ook my eerste vis gevang, maar ek was die hele tyd naar en seesiek. My pa het volgehou ek moet die vis uittrek en ek het.”

Hy sê hy is nie iemand vir langs die Vaalrivier sit en papgooi nie. Hy verkies die oopsee en visse wat op die lyn kan baklei.

“Ek sal so nou en dan by die Pongolameer in KwaZulu-Natal tiervis gaan vang, maar my gunsteling is om in Mosambiek te gaan visvang. Ek is ’n hengelaar in murg en been.”

Bok die Tempo-benoemde:

Bok is vir drie Huisgenoot Tempo-toekennings in die kategorieë kontemporêre album van die jaar, musiekvideo van die jaar en liedjie van die jaar benoem. STEM HIER VIR JOU TEMPO'S-GUNSTELINGE Hier is ander benoemdes in die drie kategorieë: Kontemporêre album van die jaar

Andriëtte – Pêrel vir ’n Kroon

Bok van Blerk – Sing Afrikaner Sing Elvis Blue – Êrens in die Middel van Nêrens Jannie & Corlea – Alle Paaie Lei na Rome Karen Zoid – Republiek van Zoid Afrika Vol. 2 Koos van der Merwe – Tamboerynman Musiekvideo van die jaar

Andriëtte – Pêrel vir ’n Kroon

Bobby van Jaarsveld – Beter Helfte

Bok van Blerk – Sing Afrikaner Sing

Brendan Peyper – Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie

Elvis Blue – Die Hemel

Francois van Coke & Karen Zoid – Toe Vind Ek Jou Karlien van Jaarsveld – Geskeurde Jeans Kurt Darren – Ek Wens vir Jou Leah – Met Jou Klere Aan Nádine – Tyd Liedjie van die jaar

Andriëtte – Pêrel vir ’n Kroon

Bobby van Jaarsveld – Middernag Serenade

Bok van Blerk – Sing Afrikaner Sing

Brendan Peyper – Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie

Elvis Blue – Die Hemel

Francois van Coke & Karen Zoid – Toe Vind Ek Jou

Joe Foster – Mona Lisa

Juanita du Plessis – Lief vir Jou

Leah – Met Jou Klere Aan

Ray Dylan – Ek Sal Jou Moet Laat Gaan