Die Afrikaanse sanger Bok van Blerk en sy liefde van die afgelope paar jaar, Hanna Grobler, het die naweek stil-stil die knoop deur gehaak.

Bok se regte naam is Louis Pepler en Hannah het gister middag op die sosiale netwerk, Twitter geskryf “#MevrouPepler”.

Bok se publisiteitsagent, Jenny Griesel, het vandag bevestig dat hulle Saterdag getroud is by Moholoholo, ’n wildreservaat en rehabilitasiesentrum vir wilde diere naby Hoedspruit.

"Die troue was langs die Blyderivier en Hanna het pragtig gelyk in 'n vroulike wit trourok deur Anel Botha Couture. Bok se pak is gemaak deur Yihan Brönn."

Hanna het vier bruidsmeisies gehad wat in pastelkleure soos ligte goud en groen geklee was en die troue het nie 'n spesifieke kleurskema gehad nie, maar was elegant en gesofistikeerd.

Bekendes soos die sanger Ricus Nel en sy vrou Liza Brönner, Johan Vorster en Sean Else was daar en kinders was welkom.

“Dit was so 'n mooi en intieme geleentheid in 'n asemrowende omgewing,” vertel Jenny.

- Suzanne Venter

New Picture (6) - Copy

Ander Afrikaanse bekendes het ook die pasgetroudes gelukgewens.

[post-slider]