Die Franse skeidsregter, Romain Poite het Suid-Afrikaanse rugby-ondersteuners se bloed behoorlik laat kook met sy beslissing om aan die Springbok-haker Bismarck du Plessis ’n geel kaart te gee vir sy duikslag op die All Black-losskakel Dan Carter. En sedertdien gons dit op die sosiale netwerke oor die flater.

Kyk wat het Daniel Carter self op Twitter oor die duikslag gesê:

https://twitter.com/DanCarter/status/378990358358548481

Maar die skeidsregter het anders gevoel en beslis die duikslag was “sonder arms en hoog” en Du Plessis het ‘n geel kaart gekry.

https://twitter.com/QIsaacs/status/378884234976317440

Twitter-gebruikers was gou om hom reg te help met ‘n paar skeidsregter-lesse...

https://twitter.com/burgerboxxx/status/378821676655706112

https://twitter.com/burgerboxxx/status/378821723153772544

... of om leesmateriaal voor te stel:

https://twitter.com/Amabokka15/status/378798632855961600

Ná die wedstryd het baie mense bespiegel oor waar Poite lojaliteite lê

https://twitter.com/ThaboRamzy/status/378846421962600448

Hy is selfs vergelyk met Bryce Lawrence – die Kiwi-skeidsregter wie se twyfelagtige beslissings in die Bokke se kwarteindronde-wedstryd in die 2011-Wêreldbeker hom effens... ongewild in Suid-Afrika gemaak het.

https://twitter.com/mariusgr/status/378831152120725505

Dit is nie die enigste vergelyking wat gemaak is nie...

https://twitter.com/Gerch33/status/378827266899603456

Die Internasionale Rugbyraad het intussen ‘n verklaring uitgereik en gesê Poite het wel ‘n fout gemaak...

https://twitter.com/gsideup/status/378844907743375360

Maar dit verander steeds niks aan die uitslag nie en baie Suid-Afrikaners is dit eens dat rugby  net nie meer dieselfde is as toeka se dae nie.

https://twitter.com/jemgrant73/status/378930311641702400

En ‘n anti-Poite Facebook-groep groei blitsvinnig.

https://twitter.com/br_uk/status/379324146091442176

-          Suzaan Hauman