Die legendariese

A photo posted by Lauren Terras (@laurenterras) on

Maar hy was veel meer as ’n skrumskakel. ’n Inskrywing deur South African History Online bestempel 8 Mei 1934 as die datum waarop ’n Bokkaptein gebore is. Nelie het op 25 Julie 1964 sy buiging as Springbokkaptein sy buiging gemaak en sou vier wedstryde as kaptein die span op die veld lei.

A photo posted by TerrasComms (@terrascomms) on

Boonop het hy in ’n ware drieëvraat ontaard. Hier is beeldmateriaal van sy drie nommer 222 tydens die 1964-toer teen Wallis wat op King's Park in Durban afgespeel het.

In die boek Voices From The Back Of The Bus: Tall Tales and Hoary Stories from Rugby's Real Heroes deur Stewart McKinney word daar gesels oor die Leeus se toer na Suid-Afrika.

Die groot uitdaging van die toer vir die oorsese besoekers? Die Vrystaatse rugbyspan se twee jong afrigters: Nelie Smith en Sakkie van Zyl wat al die Leeus se wedstryde en taktiek tot in die fynste besonderhede bestudeer het...en die perfekte teenaanslag kon lewer.

Vrystaat het die Leeus bloedneus geslaan met hul 22-11 oorwinning.

Wat dalk nie so bekend is nie, is dat Nelie in 1995 die eerste persoon sou wees was wat twee skeidsregters op die veld versoek het.

Een van die voorvalle waaroor hy hom sterk uitgespreek het, was toe ’n beslissing rondom ’n strafskop deur Luke Smith van Natal Nelie se bloed laat kook het.

Daarna was die gedugte James Small weer in Nelie se visier nadat hy ’n omstrede drie gedruk het teen sy Vrystaatse span. Die Natalse span het 36-34 gewen.

Vir Nelie Smith was dit die laaste strooi. Hy het gesê dat TV soos in krieket in rugby gebruik moet word om met omstrede beslissings te help.

“Ek is te emosioneel betrokke om direk ná ’n wedstryd kommentaar oor ’n skeidsregter te lewer, maar ek glo wel dat twee skeidsregters'n oplossing sal bied,” het hy gesê.

Nelie was ook die persoon wat as afrigter die Vrystaat in 1976 na hul eerste Curriebeker-glorie gelei het. Hulle het die gunstelinge, die Westelike Provinsie, met 38-16 in Bloemfontein afgeransel.

In die vroeë negentigerjare het hy ook as die Vrystaatse afrigter deel van die Super 10-uitdaging.

Nelie was ook in ’n stadium deel van die Oos-Kaapse afrigtingspan.

Lees ook: Oud-Springbok Klippies Kritzinger sterf

Een ding was gewis: Rugby was in sy bloed. Vanaf 26 April 1980 tot 20 September 1981 sou hy ook die Springbok-afrigter wees. Uit die 15 toetse gespeel, het die Bokke in 12 wedstryde as oorwinnaars uit die stryd getree.

Op Maandagoggend, 2 Mei 2016,het die eindfluitjie vir dié rugbylegende geblaas. Maar Cornelius Michael Smith sal nog vir talle jare in die anale van rugbyspelers en -geesdriftiges onthou word.

Bronne: espn.co.uk, genslin.us, books.google.co.za, argief (Beeld), ofm.co.za, sport24.co.za

Ander stories op Huisgenoot.com:

Fotoverhaal: Dié mense, diere het al ’n draai in die ruimte gemaak

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

Danksy berigte help weldoeners dodelike siek meisie by Rooi Kruis uitkom

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Tweejarige seun skiet ma glo dood terwyl sy bestuur

Kyk net hoe oulik kap Kurt Darren se klein Kyrah dit uit!