Hulle is die haker Siyabonga (Scarra) Ntubeni, Frans Malherbe, Louis Schreuder (almal Westelike Provinsie) en Pieter-Steph du Toit (Haaie).

Frans, Louis en Pieter-Steph was al voorheen lid van ’n Springbok-groep, maar het nog nie speelkans gekry nie. Dit is egter die eerste keer dat Scarra betrokke is by die Springbokke. “Scarra se insluiting is ’n beloning vir volgehoue goeie spelpeil,” het die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, gesê. “Hy is nog jonk en sal baie leer van ons twee voorste hakers, wat albei onder die beste in die wêreld tel. Ek wil hom aan hierdie omgewing en die Springbok-etos blootstel en is baie opgewonde om saam met hom te werk.”

Ander spelers wat herroep is na die groep is Gio Aplon (WP) en Johan Goosen (Vrystaat). Drie ou Bok-staatmakers is ook ingesluit: JP Pietersen, Jaque Fourie en Bakkies Botha. Dit is die eerste keer dat Bakkies en Jaque weer by die Springbokke betrokke is ná die 2011-Wêreldbeker, terwyl JP vir die eerste keer vanjaar terug is in die groep.

“Dit gaan wonderlik wees om Bakkies, Jaque en JP in die groep te hê – hulle is almal baie opgewonde om weer vir die Springbokke te speel, hulle het hope ervaring en is wêreldklasspelers,” het Heyneke gesê.

Die volledige Bokgroep:

Agterspelers: Zane Kirchner, Gio Aplon, Willie le Roux, JP Pietersen, Bryan Habana, JJ Engelbrecht, Jaque Fourie, Jean de Villiers (Kaptein), Jan Serfontein, Morné Steyn, Johan Goosen, Pat Lambie, Fourie du Preez, Ruan Pienaar, Louis Schreuder

Voorspelers: Duane Vermeulen, Siya Kolisi, Francois Louw, Willem Alberts, Marcell Coetzee, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Flip van der Merwe, Bakkies Botha, Jannie du Plessis, Frans Malherbe, Coenie Oosthuizen, Gurthrö Steenkamp, Tendai Mtawarira, Bismarck du Plessis, Adriaan Strauss, Scarra Ntubeni

Toerprogram:

Springbokke teen Wallis, Cardiff: 9 November

Springbokke teen Skotland, Edinburgh: 17 November

Springbokke teen Frankryk, Parys: 23 November

Bron: sarugby.co.za