Die sangers Bok van Blerk en Lianie May vryf mekaar verkeerd op, en nou spat die vonke behoorlik. Dis nou op die silwerdoek…

Bok en Lianie vertolk die hoofrolle in die Afrikaanse musiekprent Platteland wat op 25 November in teaters begin draai.

In dié rolprent, uit die pen van die suksesvolle skrywerduo Sean Else en Deon Opperman, maak Bok en Lianie albei hul fliekdebuut.

Huisgenoot se Jaco-Hough Coetzee gesels met die tweetjies oor die nuwe fliek in die volgende uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.