Die rolprentmagnaat, Boet Troskie, het die naweek wéér die knoop deur gehaak berig Volksblad.

Boet het met sy Engelse roos Tracy de Lange Kitching in sy herehuis in Bloemfontein getrou.

Volgens Volkblad was net die familie, ’n paar prokureurs, een of twee advokate en baie intieme vriende teenwoordig.

Die bruid was geklee in ’n pers rok van sy wat deur ’n Kaapse ontwerper gemaak is.

Die Troskie-egpaar vestig hulle in hul herehuis in Constantia, Kaapstad, waar hulle die meeste van hul tyd deurbring.

LEES MEER HIER + SIEN NOG FOTO’S

Bron: Volksblad.com