Stiaan Schoeman (16) is Sondagmiddag op slag dood nadat hy en sy boesemvriend, Armand Hellmuth (17) met ’n motorfiets teen ’n motor gebots het, berig Netwerk24.

Die voorval het in Ermelo gebeur waar hulle leerders aan die Hoërskool Ligbron is.

Die twee boesemviende het Sondag omstreeks 14:00 vir ’n pretrit deur die middedorp gery toe ‘n motor na bewering reg voor hulle ingedraai het. Die motorfiets het die motor op die neus getref.

Albei die seuns is van die motorfiets afgeslinger en Stiaan, wat ’n passasier op die motorfiets was, is op slag dood.

Armand het ernstige kopbeserings opedoen en word tans in die Witbank- provinsiale hospitaal behandel.

LEES MEER HIER

Ook op Netwerk24:

Vrede-plaasaanval: Voormalige werknemer in hegtenis geneem

Grusame botsing eis hoteleienaar en 5 honde