Boerewors, spek en vetkoek, alles op een bord – wat kan makliker of aanlokliker wees? Probeer vandag hierdie heerlike resep van Checkers.

boerewors_copy pic

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • 8-10 sosatiestokkies
  • 500 g Championship Boerewors

Dis wat jy vir die sous gaan nodig kry:

  • 30 ml (2 e) vars tiemie
  • 60 ml (¼ k) olyfolie
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • sap van ½ suurlemoen
  • 5 ml (1 t) Worcestersous

Vir die samestelling:

  • 250 g repiespek

Maak so:

Week die sosatiestokkies 5 uur of oornag in warm soutwater om te keer dat dit brand. Braai die boerewors tot gaar en sny in happiegrootte-stukkies.

Vir die sous:

Meng al die bestanddele.

Samestelling:

Smeer die sous aan die spek en draai ’n reep om elke stuk boerewors. Ryg op die sosatiestokkies. Smeer die oorblywende sous aan die sosaties en braai op die kole of in die oond tot die spek bros is. Sit voor saam met blatjang en vetkoek.

  • Klik hier  vir nog heerlike resepte van Checkers.