large_boerwors_kebabs

Dis wat jy gaan nodig kry:

8-10 sosatiestokkies

500 g Championship Boerewors

Dis wat jy vir die sous gaan nodig kry:

30 ml (2 e) vars tiemie

60 ml (¼ k) olyfolie

gerasperde skil van 1 suurlemoen

sap van ½ suurlemoen

5 ml (1 t) Worcestersous

Dis wat jy vir die samestelling gaan nodig kry:

250 g repiespek

Week die stokkies sowat 5 uur of oornag in warm soutwater om te keer dat dit brand. Braai die boerewors tot gaar en sny in happiegrootte-stukkies.

SOUS:

Meng al die bestanddele vir die sous.

SAMESTELLING:

Verf die spek met die sous en draai ’n repie om elke stukkie wors. Ryg op die stokkies. Verf die sosaties met die res van die sous en braai oor die kole of in die oond tot die spek bros is. Sit voor saam met blatjang en vetkoek.

Vir hierdie en ander resepte besoek Checkers.