boerewors copy pic

Dis wat jy nodig gaan kry:

  • 8-10 sosatiestokkies
  • 500 g Championship-boerewors

Dis wat jy vir die sous gaan nodig kry:

  • 30 ml (2 e) vars tiemie
  • 60 ml (¼ k) olyfolie
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • sap van ½ suurlemoen
  • 5 ml (1 t) Worcestersous

Dis wat jy vir die samestelling gaan nodig kry:

  • 250 g repiespek

Maak so:

  1. Week die stokkies vyf uur of oornag in warm soutwater om te verhoed dat dit brand. Braai die Championship-boerewors tot gaar en sny in happiegroot stukkies.
  2. Meng al die sousbestanddele.
  3. Smeer die sous aan die spek en draai ’n repie om elke stukkie wors. Ryg op die stokkies. Smeer die orige sous oor en braai tot die spek bros is. Sit voor saam met blatjang en vetkoek.

Klik hier om vir jou gunsteling Checkers Championship-boerewors te stem en hier vir nog heerlike boereworsresepte van Checkers.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.