Die geliefde model en Boer soek ’n Vrou-aanbieder Minki van der Westhuizen het nou soos die res van haar gesin Britse burgerskap.

Sy is die week by ’n seremonie in Londen as Britse burger ingesweer.

“Ek moes ’n eed aflê en aan die einde het hulle die Britse volkslied, God Save the Queen, gespeel,” het sy uit Engeland aan Huisgenoot gesê.

Lees ook: Vorige Boer Soek ’n Vrou-aanbieders, Nadia, Elma en Angelique, gee nuweling Minki raad

“Dit was baie spesiaal. Ek is nou die laaste een in ons gesin wat ’n burger geword het.”

Minki en haar man, Ernst Joubert, is op die oomblik in Londen terwyl hul kleingoed, Katerien (2) en Elise (20 maande), by haar ma en pa in Durbanville kuier.

“Ernst is hier vir Remgro-verpligtings (die maatskappy waarvoor hy werk) en ons moet ook ’n huldeblyk-ete vir hom en Jacques Burger (die voormalige rugbykaptein van Namibië) bywoon. Dit het volmaak uitgewerk dat ek sommer ook my burgerskapseremonie kon doen.”

Ernst het ses jaar lank vir die Engelse rugbyklub Saracens uitgedraf, maar verlede jaar sy rugbystewels weggepak.

Minki verseker ondanks haar Britse burgerskap “bly sy ’n trotse boeremeisie”.

“Ons woon weer in Suid-Afrika en sal altyd in ons geboorteland woon. Ons wil ons kinders in Suid-Afrika grootmaak. Ons is nou al vier maande terug en dis onbeskryflik lekker.

“Die Britse paspoorte sal wel toekomste reise baie vergemaklik – geen visas, jippie!”

– Marisa Fockema

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk net Mamma se liefling! Bekendes deel kostelike kiekies van hul oulike spruite

Kyk: Elfjarige rakker se pretrit eindig agter tralies

Kyk: Jack Parow se dogter kappit yt op pa se musiek

Kyk: SuzelleDIY kry hulp uit ’n hogere oord vir wenke op Wêreldwaterdag

Kyk: Dié twee bekendes word saam mammas en ‘kan nie wag nie’