Ná die sukses van die vorige “Boer soek ‘n Vrou” reekse, maak ons nou weer so!

Ons nooi hiermee alle ongetroude vroue uit om deel te neem aan "Boer Soek 'n Vrou 4".

kykNET het 10 ongetroude, energieke en ondernemende boere gekies uit honderde inskrywings om aan die televisiereeks deel te neem.

Wil jy graag op ‘n plaas woon? Is jy ongetroud en op soek na jou ideale metgesel? Is jy ouer as 21? 

Skryf dan gerus in om deel te wees van ons opwindende en romantiese avontuur. Die “Boer Soek ‘n Vrou 4” reeks sal bestaan uit 13 een uur episodes, voorafgegaan deur insetsels wat op kykNET uitgesaai sal word wat die boere bekendstel sodat hulle potensiële metgeselle kan werf.

Die televisiereeks sal uiteindelik die wel en weë van ons 10 enkellopende boere volg in hul soeke na liefde. Foto’s van ons 10 boere vir wie jy moet skryf, kan gesien word op die volgende webblad: www.kyknet.co.za, asook in die Huisgenoot en Landbouweekblad.

KLIK HIER vir die inskryfvorm en kompetisiereëls

KLIK HIER om die tien finaliste op Huisgenoot se webwerf se foto's te sien

Onthou, inskrywings sluit 25 Mei 2011!

Pos asseblief jou voltooide inskrywingsvorm (met foto en afskrif van jou ID dokument) en brief na: “Boer Soek ‘n Vrou 4”, Posbus 1157, Groenpunt, Kaapstad, 8051.

Jy kan ook op die volgende webblad inskrywingsvorms aflaai: www.kyknet.co.za - e-pos die inskrywing en ander materiaal na boer@waterfronttelevision.co.za

Indien jou aansoek suksesvol is, sal jy teen die 13de Junie 2011 per telefoon in kennis gestel word.

Kontak Lilani by Waterfront Television indien jy enige verder inligting benodig by: 021 421 3797, of e-pos haar by boer@waterfronttelevision.co.za

Inskrywingsvorms moet ons voor middernag, 25 Mei 2011 per pos of e-pos bereik.

Laat aansoeke sal nie oorweeg word nie.