“Ek sou graag langer op die plaas wou gebly het, want die tyd was te kort om iemand regtig te leer ken,” vertel Chrizelda aan Huisgenoot.

“Ignus is ’n baie vriendelike mens wat daarvan hou om te lag en ander te laat lag. Die lekkerste deel van die ervaring was om nuwe mense te ontmoet en vriende te maak.”

Die atmosfeer tussen die drie meisies (Chrizelda, Janli en Marli) was soms maar strem.

“Daar was niks bitsigheid tussen ons nie,” verduidelik Chrizelda. “Daar was net af en toe ’n ‘atmosfeer’.”

En wat van daardie opmerking dat sy net ’n “mooi gesiggie” is? “Ek is glad nie seergemaak nie en het dit reg geïnterpreteer. Dit is mos ’n kompliment.”

Selfs al moes sy nou haar tassies pak, het sy nie hoop verloor nie. “Daar is altyd ruimte vir liefde, want elke pot kry sy deksel.”

Boer soek 'n Vrou wys elke Donderdag 20:30 op kykNET.