Meisies is julle op soek na ware liefde? Wie weet, dalk is daar ’n boerseun in jul toekoms...

Vra maar vir Maritza Laubscher, wat in Desember 2011 op Robertson in die Boland afgehaak het met Gert Conradie, ’n geluksoeker in die vierde seisoen van kykNET se werklikheidsreeks Boer Soek ’n Vrou.

Die tweetjies is dolgelukkig en verwag nou hul eersteling.

Ja, die sesde seisoen van die gewilde program is op hande en hier is die hubare boere op soek na ’n lewensmaat!

Skryf sommer dadelik aan die man wat jou oog vang. Dié Romeo’s gaan dan deur hul briewe en soek die vroue uit wat hulle beter wil leer ken.

En wie weet, dalk pak jy eersdaags jou tasse vir ’n plaaskuiertjie wat die begin van die res van jou lewe kan wees!

1

CHRIS (25), gemengde boerdery, Leandra, Mpumalanga

Belangstellings: Kuier saam met vriende, dans, viertrek ry en jag.

Beste eienskappe: “Geduldig, liefdevol en hardwerkend.”

Droomvrou: Positief, spontaan, lief vir pret en ondersteunend. Goed versorg en vroulik.

Romantiese afspraak: ’n Vleisie braai op die koolstoof by kerslig tydens een van die vele kragonderbrekings

in die winter...

2

 DANIE (38), veeboer, Belfast, Mpumalanga

Belangstellings: Fietsry, natuurlewe, feeste, fliek en kampeer.

Beste eienskappe: “Ek gooi nie gou tou op nie, vergewe maklik, is eerlik, lojaal en hardwerkend.”

Droomvrou: Goed versorg, sexy en dinamies. Opreg, eerlik, geduldig, nie jaloers nie. Moet lekker kan gesels en ’n

hondeliefhebber wees.

Romantiese afspraak: In ’n mooi landskap langs water.

3

FANIE (28), veeboer, Aberdeen, Oos-Kaap

Belangstellings: Jag, gholf, krieket, die buitelug, braai, musiek en dans.

Beste eienskappe: “Ek is eerlik, maklik om mee oor die weg te kom en het ’n goeie humorsin.”

Droomvrou: Mooi en saggeaard en moet goed na haarself kyk. Liefdevol en ’n bok vir sports.

Romantiese afspraak: ’n Helikoptervlug en piekniek. Kaggelvuur-kuiertjies.

4

HANS (26), skaap-en-saaiboer, Harrismith, Vrystaat

Belangstellings: Jag, abseil, stap, motorfietsry, die natuur.

Beste eienskappe: “Ek is opreg, doelgerig en hardwerkend.”

Droomvrou: Energiek, eerlik en opreg, liefdevol en ondersteunend. Goed versorg, plat op die aarde met goeie waardes.

Romantiese afspraak: “Saam met die regte meisie kan alledaagse dinge romanties wees!”

5

IGNUS (28), veeboer, Theunissen, Vrystaat

Belangstellings: Die natuur. Jag saam met sy pa en broer, waterski en klubrugby speel. Braai saam met vriende en reis in die buiteland een maal per jaar.

Beste eienskappe: “Ek is behulpsaam, stiptelik en sien die beste in ander raak.”

Droomvrou: Sy het ’n humorsin, is plat op die aarde, aantreklik en behulpsaam, verstaan hom en aanvaar hom nes hy is. Sy moet ’n verskil in die gemeenskap maak en uitgesproke wees.

Romantiese afspraak: “ ’n Rustige skemerkelkie en piekniek op ’n koppie op ’n Bosveldplaas. Ná sonsondergang verskuif ons na die boshuisie, met ’n kampvuur buite en binne ’n rusbank by die kaggelvuur. Goeie rooiwyn, steaks oor die kole en bygeregte in foelie toegedraai, gevolg deur nagereg en likeurs by die kampvuur. Dan is dit verder kuier op die rusbank met romantiese musiek, ’n doringhoutvuur en baie rose.”

6

JAN (51), bestuurder, Ceres, Wes-Kaap, geskei met 3 kinders

Belangstellings: Dans, Afrikaanse en boeremusiek, rugby en fliek.

Beste eienskappe: Hardwerkend en lojaal.

Droomvrou: Lewenslustig, aantreklik, onafhanklik, hardwerkend, lojaal en eerlik, ’n goeie humorsin. Sosiaal, lief vir die plaas- en buitelewe. ’n Nieroker.

Romantiese afspraak: ’n Piekniek in die natuur, gedeelde tyd met dagbreek of sonsondergang.

7

MARIUS (28), bestuurder, Prince Alfred Hamlet, Wes-Kaap

Belangstellings: Musiek maak en kuns, skryf self lirieke en gedigte. Rugby, krieket, tennis, gholf, bergfietsry en driekamp. Wynproe.

Beste eienskappe: “Baie geduldig, eerlik en opreg; goeie humorsin.”

Droomvrou: Sy moet opreg wees en die Here dien. Waardering vir die klein goedjies. ’n Lus vir die lewe en hou van sport en opwinding. Eie drome en ambisies. ’n Goeie humorsin.

Romantiese afspraak: Piekniek op ’n grasperk met lekker eetgoed, vonkelwyn, kerse en feetjieliggies en dalk ’n vuur, maar albei formeel geklee! Die gelukkige vrou sal met rose en kitaarspel verwelkom word.

8

MICHIEL (30), bonsmara-stoetboer, Belfast, Mpumalanga

Belangstellings: Jag, perdry, skiet, motorfietsry en dans. Die selfverdedigingskuns krav maga. Beste eienskappe: “Opreg, vasberade, passievol en hardwerkend nes die bulle op die plaas! Ek is baie doelgerig en het deursettingsvermoë.”

Droomvrou: Sy ideale lewensmaat moet by die plaaslewe inpas. Sy moet gasvry, intelligent, spontaan, gemaklik en goed versorg wees, so mooi soos sy stoetversies . . . Sy moet die hartklop van die huis wees.

Romantiese afspraak: Saam met die regte vrou in ’n jacuzzi by kerslig met rooiwyn en vingerhappies.

9

REINHARDT (28), vee-en-wildboer, Askham, Noord-Kaap

Belangstellings: Lief vir diere en die natuur. Kos maak en braai, berg- en motorfietsry en musiek.

Beste eienskappe: “Ek is ’n eerlike, opregte Christen, baie ambisieus en gesteld op my gesondheid en voorkoms. Ek is liefdevol en goed met mense.”

Droomvrou: Opreg, eerlik en vroulik. Sterk persoonlikheid, dissipline en moet ’n liefdevolle, betroubare maat wees. Moet inpas by die plaaslewe en die lodge-gaste kan onthaal. Lief vir pret, familievas, positief en ondersteunend. “Ek bederf haar graag en sy moet my respekteer en waardeer.”

Romantiese afspraak: Langs ’n braaivleisvuurtjie op ’n Kalahariduin teen sononder, ’n goeie bottel wyn en goeie geselskap. Of ’n vissie oor die kole by Langebaan, maar sy Jack Russell moet ook daar wees.

10

STOMPIE (26), stoetbees-envleisboer, Hobhouse, Vrystaat

Belangstellings: Sy beeste, skoue en kuier met sy vriende.

Beste eienskappe: “Ek is doelgerig, het ’n humorsin en ’n sterk persoonlikheid.”

Droomvrou: Liefdevol, sterk persoonlikheid, plat op die aarde, lief vir die plaaslewe.

Romantiese afspraak? ’n Romantiese ete met musiek en kerslig tussen sy beeste.

KLIK HIER VIR DIE INSKRYFVORM.