[caption id="attachment_116000" align="alignnone" width="600"]Minki van der Westhuizen is die nuwe aanbieder van Boer soek 'n Vrou. Foto: Jacques Stander Minki van der Westhuizen is die nuwe aanbieder van Boer soek 'n Vrou. Foto: Jacques Stander[/caption]

KykNET het pas bekendgemaak die gewese internasionale model en Suid-Afrikaanse liefling Minki van der Westhuizen gaan die nuwe aanbieder van Boer Soek ’n Vrou wees.

Lees ook: Die boere én die kassie se gunstelingnooi nou van die mark af!

Nadia gaan nuwe projekte aanpak en sal van April af te sien wees in die nuwe sepie Getroud met Rugby, waarin sy die rol van Iva gaan vertolk. Minki en haar man, Ernst Joubert, het in Desember verlede jaar permanent na Suid-Afrika teruggekeer nadat hulle vyf jaar buite Londen gewoon het. Minki en Ernst het saam met hul twee dogtertjies, Katerien (2) en Elise (16 maande), in die Kaap kom vestig. “Ek was aan die begin skrikkerig,” het Minki op kykNET se webtuiste gesê. “’n Werklikheidsprogram is iets heeltemal nuuts vir my, maar ek sien baie uit daarna om al die nuwe mense te ontmoet, die nuwe uitdaging aan te pak en deel te vorm van hierdie groot en suksesvolle produksie. Ek dink Boer Soek ’n Vrou is ’n wonderlike platform om nuwe mense te ontmoet en net dalk vind ’n pot sy deksel.” Lees ook: Vorige Boer Soek ’n Vrou-aanbieders, Nadia, Elma en Angelique, gee nuweling Minki raad