Dit sal die tweede keer wees dat Minki die program aanbied.

On set today shooting 'Call To Entry' for BSV season 10!! @kyknettv ? @faano1 Make up and hair @mariconradie89 Klere @oldkhaki

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Die reeks, wat vanjaar ’n dekade lank al op die kassie is, speel al sedert 2007 Kupido om losloper-boere te help liefde vind.

Boere of plaasbestuurders van enige ouderdom en geslag kan van vandag (Maandag) tot 17 Maart inskryf vir die nuwe seisoen op kykNET se webtuiste om deel te wees van die nuwe reeks.

Maar in hierdie seisoen is daar ook ’n kinkel: kykNET het geluister na die talle versoeke oor hoe dit met van vorige deelnemers gaan en hoe die liefde hulle oor die jare sedert hul deename behandel het.

Die tiende reeks gaan daarom drie episodes bykry wat ’n terugblik gaan gee oor die vorige nege seisoene en waar van die deelnemers hulself in 2017 bevind.

Minki en haar man, die oud-rugbyspeler Ernst Joubert, vier in Junie vanjaar hul vyfde huweliksherdenking. So wat is haar geheim vir losloper boere wat wil inskryf?

“Volg jou hart, nie jou kop nie, want die liefde wen altyd,” sê Minki. “Enige iemand hou daarvan om te sien hoe iemand anders liefde vind en dit gee baie mense nuwe hoop, terwyl dit jouself kan herinner toe jy die ware liefde ervaar het,” sê Minki oor die sukses van die reeks.

Die reeks tref in Oktober die kassie en ons kan nie wag nie!