Dis amper tyd vir die vierde seisoen van kykNET se Boer Soek ’n Vrou, en dié keer kry die ou gunsteling ’n splinternuwe aanbieder: Angelique Gerber, die meisie wat ons as Clara in 7de Laan leer ken het.

Vanjaar se 10 finaliste is manne wat ’n bars kan kyk – dit kan jy sommer op hul foto’s sien. Kykers kan hulle op Donderdagaand 5 Mei om halfagt die aand verlustig in dié 10. Dalk laat klop een van die boere jou hart vinniger? Skryf dan vir hom ’n brief wat sy knieë lam sal maak en kyk wat gebeur.

Die 10 boere wat die meeste briewe kry, sal in September gesig wys op televisie, en daarna sal die vyf gewildstes se vlerkslepery week ná week uitgesaai word.

In die Huisgenoot van 5 Mei 2011 is die boere wat die vroue se harte gaan roer