DRIE vroue onder een dak en almal met dieselfde doel voor oë: om ’n man te vang. Dit kan die mees geharde boer op sy knieë dwing, of tot trane... Kyk jy so na Jacobus, taai boer uit die Waterberge, lyk hy pure plaas – gebrei deur die son, elemente en uitdagings.

Dis die laaste ou, sou jy dink, wat tot trane beweeg sal word deur ’n ander se hartseer.

Maar moenie glo nie. Nou die dag, toe hy as deel van die werklikheidsprogram Boer Soek ’n Vrou een van sy drie aspirantboervroue die trekpas moes gee, het die trane behoorlik gevloei.

Eers hare, toe sy hoor sy moet Jacobus (30) se plaashuis verlaat, en toe huil hy sommer saam.

“Jy het met mense se emosies te doen,” vertel hy op sy minwoorde-manier hier op die plaasstoep. “’n Mens leer baie

van jouself.”

En met twee meisies in die huis, elk met ’n eie agenda, kan dit nie maklik wees nie. Laurika van Port Elizabeth is ’n vrou met ’n enkele missie: om ’n boer te vang.

Ina van Bloemfontein is ietwat meer katvoet. “Ek gaan nie my hart gee en dit word platgetrap nie,’’ het sy reguit vir

Jacobus gesê. “ ’n Mens moet mooi kies.”

En dit is presies wat Jacobus gaan doen, belowe hy. “My keuse gaan my gelukkig maak.”

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 18 November 2010