Boer Soek ’n Vrou se Gert Conradie is heel grênd aangetrek vir die groot dag.

Vandag lê hy en sy Bokka, Maritza Laubscher (28), hul troubeloftes af hier in die Agterkliphoogtevallei; daarom dat dié TV-boer rondstap soos ’n kat wat melk gekry het.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot gooi ons die skuurdeure oop en hou ons saam partytjie op die wynplaas.

Ons gesels ook met die paartjie en hulle ouers en gaan loer agter die skerms by hierdie spesiale dag.

Lees meer en sien al die foto’s in die nuutste uitgawe van Huisgenoot. 

Volg Huisgenoot op Twitter.