"Dit was 'n regte boere-kuier"

Gerrie Rossouw (32) het verlede naweek met sy Carna (23) afgehaak. Dié twee het mekaar tydens die 2014-seisoen van Boer Soek ’n Vrou ontmoet en vir ’n warm gevoel in kykers se harte gesorg.

Later gesels Carna: “Die hele dag was lekker. Dit was ’n regte boere-kuier, en ’n groot partytjie.”

Dié makietie is op ’n perdeplaas buite Bothaville gehou.

KLIK HIER vir eksklusiewe troufoto's van die gelukkige paartjie danksy kykNETtv