Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê luidens beskikbare inligting is die slagoffer Woensdag 12 Julie saam met vriende na die plaas om brandhout op te tel.

“Die plaaseienaar het hulle glo skreeuend beveel om op te hou. Toe die meisies in verskillende rigtings begin hardloop het een besef haar linkerarm bloei.”

Sy het met haar tuiskoms dadelik haar ma vertel, waarna sy hospitaal toe gehaas is vir behandeling. Haar ouers het die polisie in kennis gestel van die voorval.

Die verdagte het hom Donderdag aan die polisie oorgegee en sal binnekort op aanklag van poging tot moord in die Swartruggens-landdroshof verskyn.