Sy was die eerste joernalis op die toneel, en nou gaan Charné Kemp die storie van die moorde wat Griekwastad tot stilstand geruk het, vertel.

In Moord op Griekwastad: Die storie van die Steenkamp-treurspel, ondersoek Charné die moord op Don en Christelle Steenkamp en hul tienerdogter, Marthella.

Lesers kan uitsien na stories uit Griekwastad se binnekringe en 'n blik kry op die meesleurende hofsaak waarin die 17-jarige beskuldige vandeesweek skuldig bevind is aan drie aanklagte van moord en 'n aanklag van verkragting en regsverydeling.

Moord op Griekwastad: Die storie van die Steenkamp-treurspel word deur Tafelberg-uitgewers gepubliseer. 'n Publikasiedatum sal eersdaags beskikbaar wees.