Andrea (33) en sy twee trawante wou Maandag die jeugsentrum hier beroof. Sy makkers het ’n ander, meer vergewingsgesinde skoorsteen gebruik en kon ontsnap. Maar hulle het Andrea net daar gelos. En niemand daarvan vertel nie . . .

Gelukkig vir Andrea het ’n skoonmaker Woensdag sy benoude gille gehoor. Kort voor lank het die brandweer opgedaag om hom uit sy penarie te verlos. Die skoorsteen was nie so gelukkig nie – dié moes afgebreek word om Andrea te bevry.

Sy vryheid was van korte duur. Hy is in hegtenis geneem en word aangekla van onregmatige toegang en diefstal. Sy makkers het spore gemaak met twee rekenaars, ’n skootrekenaar en ’n baadjie.

Luidens berigte is sommige mense van mening sy twee dae lange “gevangenskap” was waarskynlik sy verdiende loon en ’n waardevolle les. Ander dink weer die twee dae was voldoende hel om deur te maak.

Bronne: news24.com, chronicle.co.zw