Baboties_Goats_Cheese_small

Wynwenk: Odd Bins Pinotage Bin 700 werk perfek met hierdie gereg.

Jou benodighede:

2 uie

1 kg maalvleis

30 ml (2 e) kerrie

10 ml (2 t) suiker

10 ml (2 t) sout

3 ml (½ t) borrie

30 ml (2 e) asyn

125 ml (½ k) rosyntjies

1 sny brood

250 ml (1 k) melk

2 eiers

paar lourierblare

bokmelkkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n oondbak met kossproei. Braai die uie en maalvleis en voeg die kerrie, suiker, sout, borrie en asyn by. Week die brood in die melk en breek in stukke. Meng alles behalwe een eier, die lourierblare en kaas. Giet die mengsel in die voorbereide bak en pak die blare op. Bak 1 uur tot gaar. Meng die oorblywende eier met ’n bietjie melk en giet oor die mengsel. Breek die kaas bo-op en bak nog 30 min.

Resep: Your Little Blog

Resep-krediet: Jaun Laubscher

Foto’s: Vörsprung Studio

Teks: Your Little Blog