Ons hou al dae lank asem op vir nuwe kiekies van die jongste toevoeging tot die Van Jaarsveld-huishouding. Sover het ons nog net ’n glimps van klein Armani van Jaarsveld gesien nadat sy Maandag gebore is.

Nou het haar trotse pa, die Bobby van Jaarsveld, eindelik nog ’n foto van hom en Annatjie se derde kind gedeel.

Die gewilde sanger en beoordelaar van die MNet-reeks The Voice is duidelik versot op sy prinsessie.

Lees ook: Die ooievaar is omtrent besig onder bekendes – kyk wie se dogtertjie is ook gebore!

“Absoluut niks kan dié gevoel klop nie. My meisiekind #Armani,’’ het hy by dié oulike foto geskryf wat hy op Instagram gedeel het. Hy het dit ook met sy aanhangers op Facebook gedeel.

Op die foto lê Bobby salig op sy rug met klein Armani op sy bors. En hy straal omtrent van geluk. Ons wonder na wie lyk klein Armani die meeste – na haar pa, of ma Annatjie!

– Lara Atson