Die sanger Bobby van Jaarsveld gaan Woensdag nie ‘n druppel eet of drink nie – en hy wil hê jy moet saam met hom vas.

“Ek wil hierdie dag met God spandeer,” het Bobby gesê.

Hy vra in ‘n YouTube-video dat alle Suid-Afrikaners saam met hom vas. Verskeie kerke en gebedsgroepe het reeds aangedui hulle gaan Woensdag aan die vas deelneem.

Bobby sê sy besluit om Woensdag te vas, het niks te make met die verkiesing nie. Dis toevallig dat sy vas op stemdag val.

Kyk hier na ‘n video waarin Bobby alles verduidelik.