Die sanger het sy pa, Bob, met dié Vadersdaggeskenk verras.

By ’n Instagram-foto van hulle twee in ’n vliegtuig, het Bobby geskryf: “Vaderdagpersent aan my pa . . . Ons gaan Israel toe! Cheers, SA! Sien julle oor 10 dae weer. #Godisgood #Fathersday.”

Vadersdag persent aan my pa..... Ons gaan Israel toe! Cheers SA! Sien julle oor 10 dae weer. #GodisGood #fathersday

A photo posted by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

Dit is Bobby se sesde keer in dié land en hy het sy aanhangers Maandag bederf met ’n Facebook-foto van ’n pragtige sonsopkoms uit sy hotelkamer in die stad Tel Aviv. “Dit is my sesde keer hier, en elke keer is dit net so spesiaal. God is Groot!”

Sunset ..... The View from my room in #TelAviv #Israel In love with this country

A photo posted by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

Woensdag het hy op sy ma, Ronél Brink, se verjaardag op Facebook geskryf: “Vandag verjaar my ma. Ronél Brink, (sy) leef al 52 jaar. Ek eer God vir Ma.”

Hy het ook geskryf: “’n Mens land vroegoggend op Ben-Gurion-lughawe in Tel Aviv, en met die inloopslag weet jy dadelik dit is somer in Israel! Emosies loop hoog ten spyte van min slaap en ’n mens voel dadelik tuis . . . asof jy nog altyd hier hoort! Ons het dadelik weggespring met die amptelike toer op ’n luukse bus.”

Bobby-hulle se reis was reeds propvol aktiwiteite. Eers het hulle stilgehou by Caesarea, daarna is hulle na die Saronvallei en Karmelberg, waar Elia die Baäl-profete aangevat het.

Pa en seun het hulle “verwonder” aan die vallei, wat beter bekend is as Armageddon. “Die dag was nie klaar nie. ’n Besoek aan Nasaret, waar Jesus grootgeword het, lewer ’n skouspel van hoe dit in die Bybelse tye hier was,” het Bobby geskryf.

Bobby die genomineerde:

Bobby is vir twee Huisgenoot Tempo-toekennings benoem – in die afdeling musiekvideo van die jaar en liedjie van die jaar .

Om vir hom of een van die ander benoemdes te stem, SMS die letters TEM plus die kode langs die benoemde van jou keuse (sonder ’n spasie, byvoorbeeld TEME11), en jou naam, van en adres voor 6 Julie om 12:00 na 35407. Elke SMS kos R1,50. Net 20 stemme per selfoonnommer word toegelaat. Hier is die ander benoemdes in die kategorieë: Musiekvideo van die jaar

E1 Andriëtte – Pêrel vir ’n Kroon

E2 Bobby van Jaarsveld – Beter Helfte

E3 Bok van Blerk – Sing Afrikaner Sing

E4 Brendan Peyper – Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie

E5 Elvis Blue – Die Hemel E6 Francois van Coke & Karen Zoid – Toe Vind Ek Jou E7 Karlien van Jaarsveld – Geskeurde Jeans E8 Kurt Darren – Ek Wens vir Jou E9 Leah – Met Jou Klere Aan Liedjie van die jaar

F1 Andriëtte – Pêrel vir ’n Kroon

F2 Bobby van Jaarsveld – Middernag Serenade

F3 Bok van Blerk – Sing Afrikaner Sing

F4 Brendan Peyper – Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie

F5 Elvis Blue – Die Hemel

F6 Francois van Coke & Karen Zoid – Toe Vind Ek Jou

F7 Joe Foster – Mona Lisa

F8 Juanita du Plessis – Lief vir Jou

F9 Leah – Met Jou Klere Aan

F10 Ray Dylan – Ek Sal Jou Moet Laat Gaan