Went diving today with my wife in #Zanzibar @diamonds_sote @diamonds_lagemma !!!!!!!!! It was amazing ! #loveher ??????????????????

A photo posted by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on
Die sanger se boodskap het die inskrywing saam met ’n silhoeët-foto van sy seun gedeel. Sedert hy dit Maandagaand openbaar gemaak het, het meer as 2 000 aanhangers reeds aangedui hulle hou daarvan. “My Sion is vandag vyf. My seun, mag jy altyd jou hoogste roeping bereik. Baie lief vir jou . . . jy sê jy’s ’n superhero. Ek weet jy is. #thatsmyboy #naartjie,” het hy geskryf.

Bobby en sy vrou, Annatjie, se kroos word te vinnig groot! Die egpaar se jonger seun, Leben, is al drie jaar oud. Die jongste toevoeging tot die gesin, Armani, is nog nie eens ’n volle jaar oud nie, maar sy draai haar pa reeds behoorlik om haar pinkie.

Ja-nee, kyk, vaderskap pas die 29-jarige popster soos ’n handskoen!