Bobby van Jaarsveld trek sy hemp uit en spring in die swembad. Toe hy stadig uit die water te voorskyn kom, is sy gespierde lyf genoeg om van te swymel.

“Ek dink nie ek sal ooit daaraan gewoond raak nie!”

In hierdie toneel in sy nuwe musiekfliek, As Jy Sing, slaan hy dan ook behoorlik die asem weg. Tog sê die gewilde sanger dit bly vir hom vreemd om homself op die silwerdoek te sien. “Ek dink nie ek sal ooit daaraan gewoond raak nie!”

Hy het al in 2009 sy rolprentdebuut in Liefling die Movie gemaak. In As Jy Sing, sy tweede fliek, speel hy die rol van Stephan Conradie, ’n bleeksiel van ’n musiekonderwyser met ’n dikraambril en koeilekhare.

Maar kort voor lank wys hy hy kan ook ’n mens se knieë lam maak . . .

Lees Loren Pienaar se artikel in Huisgenoot 5 Desember 2013