[caption id="attachment_109533" align="alignnone" width="600"]Bobby en sy vrou, Annetjie Bobby en sy vrou, Annatjie[/caption]

Die sanger, wat tans op toer is in die Kaap, het gister aan Rapport vertel dat hy en Annatjie Dinsdag die finale bevestiging gekry het oor die geslag van hul derde kind. Annatjie is 17 weke swanger en die paartjie het reeds twee seuns, Sion (3) en Leben (2).

"Ek het regtig gebid dat ons 'n dogtertjie moet kry. En natuurlik sou ons glad nie omgegee het as dit nog 'n seuntjie is nie. Maar ek het vir die Here gevra, as dit sy wil is, sal dit goed wees om 'n dogtertjie te kry. Ek wil so graag 'n prinses hê," het Bobby aan Rapport gesê.

Die eerste vierdimensionele skandering het gewys dat dit 'n seuntjie is. Die paartjie het die nuus aanvaar, maar, vertel Bobby, iets was vir hom vreemd. Hy het immers twee keer gedroom dat dit 'n dogtertjie is.

“?’n Stem het duidelik vir my gesê dis ’n dogtertjie. En die tweede keer het ek gedroom ’n vriend wat ek baie vertrou, sê dit. Ek het dit aangevoel.”

Dié week het hulle weer die ginekoloog besoek, wat bevestig het dis 'n dogtertjie. Die paartjie het dadelik solank iets pienk vir die babatjie gaan koop om die nuus te vier.

Bron: Rapport; Netwerk24

Lees ook op Netwerk24: