Die sanger het gister ’n foto van sy kaal bo-arm getwiet en geskerts “Maar watse tattoo? Ek het nog nooit een gehad nie. ;)”

[caption id="attachment_73658" align="aligncenter" width="600"]Tatoe? Watse tatoe! Foto: Twitter Tatoe? Watse tatoe! Foto: Twitter[/caption]

Hy het die  tatoe van ’n kruis op sy regterskouer met laserbehandeling laat verwyder.

Bobby het ook in 2011 ’n Christelike simbool van sy arm laat verwyder.

Hy het destyds in ’n onderhoud met Sarie gesê hy is spyt oor sy tatoes en dat dit “aan die begin lekker is en cool voel”, maar dat ’n mens vinnig moeg raak daarvoor en dat dit ’n swak voorbeeld vir kinders stel.

Laserbehandeling om tatoes te verwyder is bekend as ’n uitermate pynlike en duur proses, wat dikwels meer as een sessie vereis.

- Mieke Vlok