“Dankie, my seun,” het Bobby skertsend op Twitter gesê.

Leben se ouma Ronel Brink het op Twitter verduidelik: “Dit was nie aspris nie! Dit was ’n ongelukkie . . .”

Volgens Beeld.com het Leben die TV, wat ’n 3D-funksie het, tydens ’n spelery gebreek.

Nadat dié koerant oor die ongelukkie berig het, het Bobby grappenderwys ’n Beeld-plakkaat gehang op die plek waar die TV gestaan het.

“Hierdie is nou ons nuwe TV,” het hy op Twitter verduidelik. “Dis waar hy gestaan het . . . kyk gou hoe like my twee seuns (Leben en sy boetie, Sion) dit.”

– Christiaan Boonzaier.