Dis swaar vir hulle om te sien hoe siek hul ses maande oue kleinding is, maar Bobby van Jaarsveld en sy vrou Annatjie is net bly Sion begin nou beter voel.

Die seuntjie is Maandag in die hospitaal opgeneem met bronchitis wat die dokters gevrees het gaan ontwikkel tot longontsteking. Maar gelukkig is die virus vroeg opgetel en dit gaan nou baie beter met Sion.

"Dis nie lekker om te sien as jou kind siek word nie, maar God se genade is groot. Sion is besig om vinnig te herstel en dis gelukkig niks ernstig nie," het Bobby vanoggend uit die hospitaal gesê.

Hy bring soveel as moontlik tyd langs Sion se bed deur, maar is tussendeur ook besig om sy nuwe album in 'n studio daar naby op te neem.

Annatjie slaap elke aand in 'n groot uitskopstoel langs Sion se bed. As alles goed gaan sal hy Saterdag weer perdfris en gesond by die huis wees.

Volg Huisgenoot op Twitter.