Ek en my 2 laaities by die see. Oomblikke soos die is wat ek altyd sal onthou. #thatsmyboys #ProudDad #Grace

A photo posted by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on
"Hulle is okei - hulle het net baie groot geskrik," het Bobby se ma en bestuurder, Ronel Brink, aan Huisgenoot gesê. Cara was glo die middag in die area van Fonteine-sirkel in Brooklyn in Pretoria toe die grypdief haar motorruit stukkend slaan terwyl sy in die verkeer sit. "Wat dit aaklig gemaak het, is dat daar motors voor en agter haar was en sy nie kon wegry nie. Die dief het nogal gesukkel om haar ruit gebreek te kry, en sy en die twee seuns moes eenvoudig in die kar sit terwyl dit gebeur." Bobby het die nuus oor die nare voorval op Twitter gedeel.
Ronel sê Leben, Bobby se jongste seun, het baie groot geskrik. "Dis mos maar traumaties om so iets deur te maak." Gelukkig was klein Sion minder ontsteld, het sy bygevoeg.

Die dief is ongelukkig met Cara se handsak vort, maar Ronel sê hulle is net bly almal is ongedeerd.

"Dis 'n slegte ding om oor te kom, maar ons is dankbaar dat almal veilig is."