Bobby van Jaarsveld se steekhaarterriër het so lekker met ‘n tou op die stoep gespeel, dat hy in die hospitaal opgeëindig het!

Bobby sê die klein karnallie, Baboo (4 maande), het sy kruis-ligamente geskeur toe hy van die stoep afgeval het agter die tou aan. Hy moes ‘n operasie kry om dit te herstel.

“Dit was nogal ‘n harde slag,” sê Bobby.

Die hondjie is steeds in die hospitaal en dit sal so ses weke neem voor hy weer perdfris is.

Dié soort hondjies is glo geneig daartoe om hulle kruisligamente maklik te skeur, juis omdat hulle so woelig is.

Klein Baboo se vallery het vir Bobby byna R6 000 uit die sak gejaag.