Bobby van Jaarsveld wat vroeg in Januarie met sy skoolliefde Annatjie Rheeder getroud is, het die naweek gehoor hy gaan pa word.

Bobby se opgewonde ma, Ronel Brink, het vir Huisgenoot laat weet dat Annatjie vier weke swanger is.

Volgens haar is Bobby, wat Sondag 24 geword het, in die wolke oor die nuus – en is dit die beste verjaarsdaggeskenk wat hy kon voor gevra het.

Die gewilde sanger het geen geheim voor sy troue gemaak dat hy baie graag wil kinders hê nie.

Hy en Annatjie (24) is al sedert gr. 11 saam en ken mekaar al van gr. 8 af.