In 2013 sal Bobby van Jaarsveld op die verhoog te siene wees as Moses.

Die musiekblyspel is glo reeds geskryf, gekomponeer en die produksie sal glo met die hulp van die nuutste teater tegnologie aangebied word.

Die rol sal ‘n uitdagende proses wees vir Bobby om die jong en oue Moses geloofwaardig te vertolk, maar Bobby was nog nooit so reg soos nou vir hierdie nuwe uitdaging in sy lewe nie.

Hierdie  blyspel beloof om Afrikaanse musiekteater geskiedenis te maak wanneer dit in 2013 op die planke gebring word.

Nadat dit voorheen bekendgemaak is dat Bobby in 2013 die hoofrol van Dawid sou vertolk, het dit onder die aandag van Johan Vorster en Arnold Coleske gekom dat daar alreeds ‘n Dawid-musiekblyspel in wording is onder leiding van Renier en Lise-Marie Keyser, vervaardigers van die musiekblyspele Houtkruis en Esther.

“Ons het baie respek vir die werk van Renier en Lise-Marie Meyer en het dus daarom besluit om eerder ‘n musiekblyspel te doen oor die epiese verhaal van Moses en nie meer oor die lewe van Dawid nie.

"Ons is oortuig dat Renier en Lise-Marie se produksie oor die lewe van Dawid net so gewild gaan wees soos wat Houtkruis en Esther was,” het die vervaardigers gesê.

Volg Huisgenoot op Twitter.