Bobbie van Jaarsveld, wie pa gaan word einde Oktober, sê sy vrou Annatjie het gelukkig geen vreemde "cravings" sedert sy swanger geword het nie.

Hy sê wel dat hy soms die vreemdste drome het van sy baba, en in sommige kan die kleintjie al reeds met Bobby praat.

“Dis nogal vreemd,” het hy Sondagaand by die "Want Ons Kan!"-konsert in Belville vertel.

Gevra of hy hoop dat sy seun in sy pa se voetspore gaan volg, het Bobby gesê hy sal eers moet wag ek kyk. “Dit hang af van sy persoonlikheid, maar ek hoop hy is musikaal en sportief. En sommer slim ook.

“Ons het al klaar besluit op sy naam – Sion. Dit beteken om die hoogste roeping te bereik, sterk staan soos ’n berg en ook hemels. Die naam kom van die berg Sion in die Bybel,” het hy opgewonde vertel.

Volg Huisgenoot op Twitter.