Die gewilde sanger Bobby van Jaarsveld is vandag 30 jaar oud. En die feesviering vir die Groot 3-0 het al die naweek begin!

Sy partytjie met ’n hippie-tema by Kaya Beach in Pretoria het gaste teruggeneem na die 1960’s. Die sanger en afrigter van The Voice South Africa op M-Net het dit as "een van die beste aande van my lewe beskryf".

#AboutLastNight ... Thanks Kaya Beach! One of the best nights of my life... My 30ste Hippy party was een vir die boeke. ?

A post shared by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

Die Van Jaarsvelds, hul familie en vriende het met hul hippie-uitrustings en koeëlronde brilletjies veral die fotohoekie geniet. Talle partytjiegangers het van dié verspotte foto's in die sosiale media gedeel saam met verjaardagwense vir Bobby.  

Bobby se ousus, die sangeres Karlien van Jaarsveld, het op Instagram ’n roerende inskrywing gemaak waarin sy haar broer as haar rots beskryf.

O what a night.... Bobs. Jy word môre 30 jaar oud? wens soms jy kan in my hart kyk en sien hoe lief ek jou het. Jys werklik een van jou soort. Jyt meer potensiaal as enige iemand wat ek ken. Ons stap 'n pad wat niemand ooit weer sal kan herleef saam ons nie. Daars dele van jou wat my maak wie ek is. Ek kan my verlede hede en toekoms nie indink sonder jou groet, jou groen oë en jou lag nie. Dankie vir alles wat ons kan deel, ons diepste geheime en ons simpelste oomblikke en dat daar nooit oordeel is nie. Ek eer God vir elke oomblik saam jou. Ek onthou jou kaalvoete en pt broeke, ongekompliseerde andersheid en skaam glimlag. Rots. Daars 'n volheid in jou wat niemand anders sal kan wees nie. SURRENDER (Jou woord in God se gedig), I honor you. Ek is vir jou lief met my HELE hart my boetie?

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Met hul eie werklikheidsreeks, Bobby en Karlien: In Jou Skoene op VIA, kry dié boet en sus se aanhangers sedert die begin van die jaar ’n kykie na hoe hulle weg van die kollig lewe.

Bobby se jonger suster, Cara Brink, het ook in die sosiale media vertel hoe baie sy haar ouboet bewonder.

Verskeie van Bobby en Karlien se vriende uit die vermaakwêreld het die feesviering bygewoon, onder meer die sangeres Franja du Plessis en haar verloofde, die rugbyspeler Willie Engelbrecht.

Bobby se ma en bestuurder, Ronel Brink, het ook ’n spesiale inskrywing in sosiale media gemaak om haar seun geluk te wens. Sy het 'n foto van hom as jong seun gedeel en vir hom gemaan om altyd aan God vas te klou.

My seun. Vandag 30jr het ek aan jou geboorte gegee in die Paarl hospitaal. 30jr is verby. Baie seer en challenges was deel vd die 30jr. Maar ek kyk vandag na jou. Pappa van 3 baie mooi en oulike kids. 'n Baie, baie oulike en goeie vrou. Jy is wie God oor jou geroep het. Rots. Jy staan ook op die daardie Rots. Jy is jou gesin se anker en God is julle Anker. Hou vas aan die Anker. Die lewe swaai jou soms onverwags in moeilike omstandighede in, maar solank jy vashou aan die Anker van jou geloof, Jesus Christus, sal jy elke challenge in jou lewe kan hanteer. My gebed vandag vir jou is dat jy daagliks sal surrender sodat jy elke dag in jou unieke roeping kan stap sodat God se koningkryk op aarde tot stand kan kom. My seun, ek het jou lief met 'n liefde wat ek nie kan beskryf nie. Julle kinders lê elke hoek van my hart vol. Ek dank en eer God vir sy goedheid, guns, genade en beskerming oor julle (klein- en skoonkinders ook) en my lewens. Vandag sê dankie dankie dankie Here God Almagtig! Baie geluk met jou 30ste verjaarsdag! LIEFDE ONEINDIG. @bobbyvanjaarsveld

A post shared by Ronel Brink (@ronelbrink1) on

Bobby en sy vroulief,  Annatjie, se jongste, Armani, vier ook môre haar eerste verjaarsdag.

Geluk met al die spesiale vieringe, Bobby!

Bobby en Karlien: In Jou Skoene word Woensdae om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai in samewerking met Toyota SA, Huisgenoot en Jacaranda 94.2. Die heruitsending is Sondae om 18:30.